Alle kwotasies vir vertaalwerk is gebaseer op ‘n woordtelling
van die brontaaldokument, d.w.s. die dokument wat vertaal moet word.
Neem asseblief kennis van die volgende:
- Minimumtarief
’n Minimumtarief word op kort dokumente gehef ten einde bedryfs-
en administrasiekoste te dek.
- Latynse en nie-Latynse skrif
Verskillende tariewe geld vir dokumente in Latynse en nie-Latynse
skrif.
- Proeflees word per woord bereken. ‘n Minimumtarief
is van toepassing.
- Redigeerwerk word per woord bereken. ‘n
Minimumtarief is van toepassing.
- Kopieskryf word per uurtarief bereken.
Uitsluitings
Neem asseblief kennis dat alle tariewe die volgende uitsluit:
- outeursveranderinge (d.w.s. veranderinge of toevoegings tot
die oorspronklike teks wat veranderinge of toevoegings tot die
vertaling noodsaak)
- post-DTP proeflees
- BTW (slegs Suid-Afrikaanse kliënte)
- Posgeld en koerierfooie
Betalingsmetode
Internasionale kliënte: Bankoordrag of tjek.
Plaaslike kliënte: Elektroniese fondsoorplasing (EFT),
tjek of kontant.
|